Sunday 10 May 2015

You got some me in you

Jy stuur foto's van skape voor julle twee weer op pad is. Hoe anders ons verhouding is in vergelyking met julle s'n. Vandag het ek met G. gesels oor ouers, oor wat die ander helfte gemis het deur nie daar te wees nie, watse verskil dit maak as mens saam deur die vuur moet stap. Ek verlang na jou, na die lang pad, na kos soos wat net jy dit kan maak, na tye met die hondjies, na die reuk van daai grys-blou truitjie van jou.

Ek wil voorberei vir die gesprek met die sielkundige, die voorbereiding vir 'n nog groter/ander gesprek einde van die maand, ek wil notas maak in my dagboek.

Toe kry ek diƩ, van 'n tyd net nadat ek weer terug was in die land waar selfs die wolke in gelid marsjeer:

Vanaand maak ek my bed
met 'n laken wat jy oor
12 000 km
2 vliegtuie
3 treine
en 'n taxi gebring het.
Dit is niks besonders nie,
vaal blou. Dis al.
Maar selfs deur my
verstopte neus
(verkoue in die somer? waar op Gods aarde?)
ruik ek hy is van ver,
van die tuiste af. 


Ek is lief vir jou Moomin.

No comments:

Post a Comment