View from the Human Sciences Building at the University of Pretoria |
Dit voel as of ek hierdie jaar die Jakarandas vir die eerste keer sien. Ek weet ek swot nou al amper drie jaar hier en dat ek dit seker al voorheen moes raakgesien het, maar in ander jare was die pers bloeisels eer 'n irritasie omdat ek elke keer op hulle gly en amper my gat sien.
Maar hierdie jaar wil ek net van die hoogste verdiepeing moontlik afspring en op die enorme kussing van Jakarandabome land wat deur die stad versprei is. Kyk na die fotos: dit is werklik soos pers wolkies wat deur die stad se strate trek.
By die universiteit sê hulle as 'n bloeisel op jou val sal jy jou eksamens goed deurkom. Ek weet nie, die hitte wat met die lente deur die stad trek laat my aan drankies by die swembad en somervakansie by die see dink, en nie aan die stapel lees- en leerwerk wat langs my op die tafel lê nie. Die papierberg gluur vir my en laat my weet dat ek nooit alles sal gelees kry nie, so ek voel as of ek nie eers gaan probeer nie. Mens moet nie teen papier veg nie. Net 'n skêr kan hier wen en ek recycle maar eer.
So hier volg 'n paar kiekies van die stad wat ek in die afgelope paar weke geneem het.
Here is a translation for the non-Afrikaans speakers:
It feels as though I am seeing the Jakarandas for the first time this year. I know I've been studying here ( Pretoria is known as the Jakarandacity) for almost three years, but previously the blossoms were more of an irritation because I always slipped on them and almost fell.
But this year I just want to jump off of the highest building and land on the enormous pillow of Jakarandatrees that are spread throughout the city. Look at the photographs: they look like little purple clouds that line the streets of the city.
At university they say that if a blossom falls on you, you will get good results in your exams ( November is exam time here). I don't know, with the heat that has accompanied the start of spring I am thinking of drinks by the pool and long summer vacations by the sea, not about the huge pile of readings I have to get through. The mountain of paper is eyeing me and letting me know I will never make it, so I don't even want to try. One shouldn't fight paper, only scissors can win and I am more of a recycling kind of girl.
So here are a few images that I've taken over the past few weeks.
No comments:
Post a Comment