Friday 21 October 2011

Käffchen?

Taken during one of the Pretoria Stadstapper Fotoklap's events 

VRIEND

ek verlang na jou
vriend
skaduwee meer reëel as rots
wentelbaan van vrede
Godgegewe lied
waarvan ek soms die wysie vergeet
veral tydens die petit mals
van niksseggende transaksies
en die reise agter die skerms
met arms vol kruideniersware

vriend
die winter kom onvermydelik
die lamppale word ryp soos gebede
die lig gaan kop toe
die vrede duisel
ek dra jou in die sak van my leerbaadjie
en reik na jou soos na sigarette
soos na die onblusbare vlam
wat weier om te sterf
onder jare se debris. 

Koos Kombuis, uit Die Geel Kafee

Ich hoff du bist gut angekommen Gandalf . 



No comments:

Post a Comment