Tuesday 6 September 2011

Vriend/skaap

Ek verstaan dit nie. As jy my vriend/in is, wil ek net hê jy moet gelukkig wees. Ek wil net hê almal moet 'n glasie wyn om 'n tafel saam drink, en gesels, en gelukkig voel dat hulle ongelooflike mense met idees en opinies ken en waardeer voel.

So ek verstaan nie mense se simpel probleempies nie. As jy dink daar is iets vout, as daar iets op jou hart is, asseblief, praat. Genade mense, julle het monde om met ander te praat, nie agter hul rûe ( ja, ek het in die woordeboek gaan kyk, dit is reg geskry) oor hulle te skinner nie. Natuurlik, ek is ook nie perfek nie, ek is ook gemeen en ek sal ook nie altyd sê wat ek dink nie, altans gebeur dit selde dat ek my mond kan toehou voor die woorde in die lug hang soos swawel en dan is die hêle atmosfeer geruineer.

Julle sien, ek verstaan al te wel dat woorde meer seer kan maak as 'n gebreekte been of 'n sweer of 'n operasie. Dit is alles nie lekker nie, maar na 'n paar ure,'n paar dae, 'n paar weke is dit verby. ek onthou toe hulle my mangels uitgehaal het. Ek het in 'n bed wakker geword vir sekondes, en dan dadelik weer in 'n swart gat geval. Die het 'n paar keer gebeur. Uiteindelilk kon ek darem wakker bly, maar toe sê die verpleegster ek moet die pakkie asyn chips eet en die Coke drink. Ek hou in elk geval niks van simpel asyn en sout chips nie, so dit sou net nooit gebeur het nie. Ek het die Coke getakel en alles vinnig gedrink, ek wou net by my eie bed uitkom en niks meer onthou nie.

Ons was net besig om uit die kamer te stap toe die vloeistof soos swart teer weer sy pad op na my mond gemaak het en ek alles in die wasbak opgegooi het en weer uit-ge-passsss het in die bed. Toe ek uiteindelik wakker word en daar wou uitstap, sê hulle ek moet in 'n rolstoel die plek verlaat. Jirre, ek is moes nog jonk, ek kan moes stap. Maar nee, ek was witter as 'n laken en iemand het my kar toe gerol. Op pad huistoe het die laaste bietjie Coke kom hello sê en ek het dit mooi aan die kant van die wit kar uitgespoeg. Dit het mooi strepe gemaak.

Ek sê nou vir julle, die mangels was die ergste seer wat ek nog ooit gehad het: mens sou dink dat dit elke dag beter word, maar nee, vir 'n week kon ek net vla ein roomys eet, en selfs as ek nie van brood hou nie, is 'n week van sagte soetgoed ook nie meer pret nie. Na 'n week het dit toe uiteindelik beter geword, maar ek onthou hoe ek elke oggend wakker geword het en gedink het, hel, kan die goed nie nou genees nie?!

So let op, ek weet woorde is kragtiger as daai. Woorde bly met jou. Jy kan vergeet hoe jy geboorte skenk of geskiet word, maar jy kan nie vergeet wat iemand vir jou sê nie. Ons vergeet maklik komplimente, maar die lelik is dit wat lewenslank met jou bly. My ma en suster het by my matriekbal vir my gesê ek stap soos 'n olifant. Nie juis die regte dag om dit te noem nie, ne, dames?!

Ek weet nie reg hoe ons nou juis hier geland het nie, maar ek wou eintlik net sê ek dink mense moet meer oop kaarte speel as daar 'n regte issue is. Nou nie as ek dink jou skoene is lelik nie, of dat jy dalk nie daai grimeering weer behoort te gebruik nie, maar lewensveranderende dinge, daaroor behoort mens rationeel te kan praat. En vir die wat gekonfronteer word met 'n opinie wat dalk nie heeltemal joune is nie, ek dink jy sal eers moet luister en dan oordeel. Ek weet dit is moeilik, baie keer wonder ek hoe ander hulle situasies kan aanvaar. Maar dan dink ek ook, dit is maklik om hulle te kritiseer, en nie na my eie tekorte te kyk nie. Dit is maklik om te sê wie verkeerd is en wie reg is, as mens nie in die kring is nie en van buite die ding beskou.

Ek dink ons moet leer mekaar meer te waardeer vir wie ons is en nie vir wat ons verkeerd doen nie. Nie almal is die slefde manier grootgemaak nie, nie almal kan die selfe lewe kies nie. So, ek sal die eerste wees wat sê dis 'n moerse frustrasie om soos 'n voelkyker in die bos te lê en ander te beskou sonder om n gelui oor hulle besluite te maak nie. In sulke gevalle is die keuse seker : maak 'n geluid en kyk hoe die voels wegvlieg, of sê niks nie en kyk net van vêr na 'n pragtige objek.

My opinies is vol gate: ek sê praat en tog bly stil. Hmm. Dalk sê ek eer kies om oor die belangrike goed te praat en leer om die niksseggende daaglikse bakleierye te vergeet.


Oh, hier is 'n uitstekende TED-Talk oor 5 maniere om beter te luister:

Julian Treasure ( uitstekende naam, ne?!) - 5 ways to listen beter



.

No comments:

Post a Comment