Thursday 4 August 2011

Vat die lang pad

Vandag het ek halfhartig probeer oefening doen want die vrouens in die tydskrifte so veel beter verskyn en ek tog voel ek moet ook so lyk. Binne in my weet ek, natuurlik, photoshop kan almal in perfeksie verander, en dat die wêreld lelik en eg en stinkerig en vuil en vol ongelykhede is, maar daai prente op die posters laat my streef na 'n ideaal waarteen ek opstelle skryf en waarteen my openbare feminis stry en baklei. Ek weet ek is nie 'n prent nie, maar ek, soos julle almal, wil ook party dae nie wees waarin ek gevange is nie.

Toe sit ek by die masjiene, waarteen ek in elke geval gekant is, en stoot maar die pennetjie van 80kg wat die bodybuilder ou voor my met links gestoot het op na 5kg  en doen maar die repetiesies war vir my sal laat lyk soos 'n foto. Maar tussenin kom staan Joseph, wat daar werk en oor die laaste paar maande my vriend geword het, by my en wil gesels. En ek luister. Die helfte van die tyd weet ek nie wat hy sê nie omdat hy nie vir my kyk terwyl hy praat nie, en dan moet ek nader aan hom gaan staan en my oor soos 'n ou vrou in sy rigting draai.

Ook vra hy my altyd hoekom ek nie meer oefen nie, wat ek weeg en hoe ek beplan om van my gewig ontslae te raak, so dit is 'n ietwat onaangename oomblik vir my as ek hom sien. Van my gewig onslae te raak klink vir my as of ek van my hele lyf ontslae met raak. As of ek myslef in stukke behoort te sny en te se, hier, in die vullis.  Vat my vleis en vet en vel. Maar eintlik dink ek my lyf is wonderlik, in die waarste sin van die woord: ek verstom my oor hoe alles kan beweeg en kan seer raak en kan voel.  

Toe vra Joseph my wat ek met my lewe aanvang en wat my plan is. Ek sê vir hom, ek lewe vir my, nou. Ek lewe om iets te belewe. Dit is nou die tyd om te droom en wêrelde te sien. Dit is nou die tyd om nie spyt te wees oor wat my lewe beinhou het nie.

Hy sê toe vir my: Ja. Dit is 'n blink plan. Jy moet die lang pad vat. Moet nie die kort pad vat nie, want hy kan jou teleurstel en dan sit jy in die middel van nêrens sonder 'n pad wat voorlê.

Ek wou net sê, ek stem. Ek sal die lang pad vat, ook as ek nie juis weet waar hy is nie. Dalk Kaap of Korea toe? Haha. Nou daar is die eerste droom.

As bonus nog 'n Koos Kombuis gedig:

POLITIEKE ISOLASIE
(ná die break-up)

Daar is sex shops in Amsterdam
Daar's reisies op Killarney
Daar is oorloe in Afganistan
Ek weet nie hoekom jy my pla nie

Hoekom worry ek oor jou
War Games is belangriker
Die wêreld kan vergaan, dan sou
ons ons nie eerns meer kan herinner
Aan die tye wat verby is nie!

Sal die wêreld ophou draai
Net oor een simpele koebaai?
Sal Seepunt oopgestel word vir Kubane
Sal die prys van brood weer styg
Sal kanker genees kan word met marijuana
of niemand meer oor die World Cup juig?

Die wêreld is tog groter
As net ek en jy se liggame
Jou oe, so blou soos gister
Is twee klein, nietige atome
Wat niks aan als verander nie.

Jou hande is net vleis en been
Jou lyf is bruin, jou hemp is blou
Jy's maar net, onder miljoene, één -
Nou hoekom breek ek my hart oor jou?

Ek gee nie om waar Boy George is nie,
En Brook Shields kan rodreis waar sy wil
P.W. Botha is seker op vakansie
So wat is met jóú die groot verskil?

DIes net dat ek wil weet, hóé jy sonder
My die lewe voel, of jy my mis,
Ensovoorts, ensovoorts. Al die gwone:
In die hele wye wêreld
Was jý mý klein bêreplek van drome.


uit Die Geel Kafee

No comments:

Post a Comment