Monday, 18 July 2011

Padkos

SOOS ALREEDS GESE, EK KAN NIE WERKLIK GOED IN DIÉ TAAL SPEL NIE. Vergewe my foute.

Ons is op pad plaas toe en trek vroeg weg. Die stede lê slaapend, die kar se verwarming gaan aan toe die koue oggend onder 4°C val. Geen sonskyn skyn so vroeg, geen karligte is naby. Dis is ‘n vryheid op die pad,  sonder kwaai motoriste gewoond aan ure se sit in spitsverkeer.  Die eerste musiekmengsel stroom uit my ipod, ekstra gister saamgestel vir die gemak van my ma se ore.

Net buite die stad van goud begin die son opgaan, in tyd vir ‘n tarantaalfamilie om oor die pad te skarrel voor ek hulle tref. Ons ry lekker nou, my ouma sit agter en is in beheer van die padkos. Sy waak daaroor soos  ‘n leeuwyfie oor haar prooi, en ons sien nie ‘n krummel nie. My ouma dink ‘n slaaiblaar is ‘n volle middagete en waardeer nie die soetgoed en happies wat saamry nie.

Die keer ry ons nie reguit na Kroonstad rigting Senekal nie, maar gaan maak ‘n draai by Golden Gate, waar die lig en die wind en die reuke spelend ‘n sinfonie vir die sinne saamstel.  Bokkies skuil teen die berge, maar ek sien niks nie. Net my ma se aarendoë spot alles vir myle. Selfs die Sterkfontein Dam sien ek nie dadelik nie, maar toe val my oë oor die spieëlglad blou water wat agter die dam en die dale wegkruip.

Ons kies die N3 rigting Durban en stop in Clarens om ontbyt te eet. Dis die dag van die troue in Engeland, almal sit vasgeplak voor die televisie in die kafee. Ek dink die bruid se borste lyk nogals spits in die trourok en verstaan nie hoekom in die voormalige kolonië nog altyd ‘n obsessie met dié troue bestaan nie. Is dit die hoop van liefde en romantiese ideës van prinsesse en prinse wat vir ewig gelukkig gaan saamleef? Of is dit net om iets te sien wat mens self nooit sal bereik nie?  Snaaks hoe al die wit mense sit en kyk en eet, en almal wat daar werk swart is en nie die spektakel bekyk nie. Wat beteken royalty in die 21de eeu? Die koningshuise van Denemark, Swede, Spanje, Nederland, etc.? Wat is julle funksie, vra ek. Dalk wil die mensdom net ‘n ideal hê om homself/ haarself mëe te vergelyk.

Ons ry agterpaie Moria toe, maar dit het gereen en die pad is weggespoel.Ons stadskarretjie sukkel in hierdie made-for-4x4 gate. Moses kom haal ons en lei ons deur die koeie en deur die veld. Wilde koeie. Ek gedra myself soos ‘n stadskind en skreeu op hulle, dit is vreeslik baie pret want hulle kyk net verbaas terug.
Ouma spring in Moses se bakkie en jaag deur die veld se hoe gras en modder, ons sukkel sukkel agterna. Met haar 82 (?) jare se sy vir ons sy moes maar bestuur het, sy sien ons kon nie bybly nie. As jy wil ry moet jy ry, ou matie.

Die huis lyk soos altyd, maar ons is poegaai en wil na ‘n ete wat ons saamgery het van die Snorstad af net slaap. My tannie is nog nie eers uit Pretoria weg nie en dis al amper donker. My ouma is onrustig en stap die heeltyd deur die huis, elke voetstap word weerkaats deur die planke. Sy praat met ons of haarself, ek weet nie. Die heeltyd sien sy ligte aankom, maar ek dink nie die ligte beweeg nie. Laat kom tante en neefies en niggie. Honde ook. Ek maak as of ek te vas slaap om hulle te help uitpak, dit was simpel van hulle om in die nag na ‘n huis in die donkerte van die Vrystaat te ry.  

Dis lekker om daar wakker te word, en om die berg uit te klim en op soektog te gaan na boesmantekeninge terwyl mens teen rotse en bome moet afklim. Die sonsondergang en ‘n lekker biertjie laat ‘n mens die aldag van die stad vinnig vergeet.

‘n Ander neef kom , ek’t hom laas by sy broer se roudiens gesien, jare gelede. Ons kuier lekker saam, ek as enigste meisie moet my geslag verteenwordig en hou ook tot in die middernaglike ure uit. Hulle dink aanvanklik ek is van lotjie getik toe ek wil he hulle moet met my met lig teken, maar toe hulle drie die resultate op die kamera se skerm sien vang hulle vuur en gaan mal met flitse en bont plastiek.

Die volgende dag pak ons die pad terug aan, dit is weer ‘n gesukkel tussen moddergate en grasse deur. My tannie vergeet die broodjies wat ons gemaak het vir hulle in die yskas, so by die pitstop deël ons ons drie broodjies tussen sewe. My neef maak die kar se water oop nadat ons amper 3 ure gery het en die stoom brand die helfte van sy gesig. Simpel as mens die man wil wees sonder om te dink, ne. Almal is ietwat gespanne hierna, en ons ry maar aan met ouma. Gelukkig is die Astros voor as versnapering. Ons kom laat by die huis aan, maar gelukkig sonder verdere insidente. 


.

No comments:

Post a Comment